Skip to main content

Carrito de compra

¡Obtienes el tratamiento VIP!

Artículos no disponibles para compra.
Por favor revisa tu carrito. Puedes eliminar los artículos no disponibles ahora o los eliminaremos nosotros automáticamente al momento de pagar.
artículosartículo
artículosartículo

Recomendado para ti

Loading...
  • Pad na jou hart

    Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie. Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min ... Leer más

    $15.99 USD

  • Stroomop

    Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die ... Leer más

    $12.99 USD

  • Moord in die beloofde land

    ’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, ... Leer más

    $14.99 USD

  • Een keer om die son

    As jy iemand verloor, gaan die lewe voort. Jý moet ook. Dit is wat die Van Wyk-gesin leer met een van hulle se dood. Op ’n manier moet hulle sin maak uit wat gebeur het - en uit wat volg. Veelbekroonde skrywer François Bloemhof het hierdie TV-reeks, wat só die land se verbeelding aangegryp het, verwerk tot ’n roman wat wyd byval sal vind. ... Leer más

    $11.99 USD

  • Een keer om die son: Boek Twee

    Ruan van Wyk en sy drie kinders is steeds besig om ’n gedeelde tragedie te verwerk. Elkeen sal die komende twaalf maande op sý manier aflê. Volgende toetse deurstaan. Tweede kanse aangryp. Want altyd is daar nuwe eise. En nuwe hoop. François Bloemhof se eerste herverbeelding van die gelyknamige TV-reeks was ’n groot sukses. Lees nou verder! ... Leer más

    $11.99 USD

  • Vergeet my nie

    Mardaleen Derks was die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompetisie met haar vertelling van hoe haar en haar man, Hugo, se liefdespaadjie geloop het. Dit was voorwaar geen eenvoudige paadjie nie. Hulle ontmoet skrams. Ontmoet weer – en vind mekaar. Maar só maklik gaan dit nie wees nie, want so diep as wat hulle gevoel vir mekaar mag wees, beur die twee in heeltemal verskillende ... Leer más

    $12.99 USD

  • Kaptein Pipskwiek

    Ilustraciones de Shaun Samuel ...
    In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker ... Leer más

    $6.99 USD

  • Die vierde stem

    Terwyl Afrikaanse fiksiesoorte al hoe duideliker afgebaken word, raak François Bloemhof se werk minder definieerbaar – en hier is weer ’n storie wat geen resep volg nie. ’n Kantoorwerker, kopdokter en skrywer beïnvloed mekaar op uiteenlopende wyses. Die leser weet meer as dié drie, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat kom volgende nie. Maar aan wie behoort die vierde stem? Watter rol speel sy in ... Leer más

    $13.99 USD

  • Die Waterding

    Rillers

    Dit is weer vakansie op Bloubaai. Maar dié sorgvrye tydjie loop ontsettend verkeerd vir Stefan en Lana – en hulle moet baie vinnig antwoorde op ’n paar tergende vrae vind. Wat steek die vervalle ou houthuis aan die voet van die krans weg? Wat het die vrou op die strand so bang gemaak? Wat is die geheimsinnige Bart se rol in die gebeure? En wat is die raaisel van die Ding? ... Leer más

    $7.99 USD

  • Hospitaaltyd

    Rillers 7

    Series series Rillers
    Rudi is nou al twee keer deur iemand in ’n motor agtervolg. Daar is reeds drie kinders van sy skool deur ’n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Die eerste een wat omgery is, is Suné, sy meisie. Wat is haar verbintenis met die ander twee? En hoekom tree die kinders wat omgery is so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? Min weet Rudi dat hy baie na aan die antwoorde op al ... Leer más

    $7.99 USD

  • Doodskoot

    Dit gaan nag raak in die Swartland …Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die landplatloop. Daar is ’n aand, ’n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie.Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, ’n ryk sakeman, om in gietende reën sy motor se gebarste band om te ruil.Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed ... Leer más

    $9.99 USD

  • Vir altyd

    As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe ’n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en ’n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige ... Leer más

    $14.99 USD